Suikerbos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Suikerbos is 'n selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang langs die hoofhuis in 'n sekuriteitslandgoed in Garsfontein, Pretoria. Suikerbos is net 4 km van Menlyn Maine af en naby die N1. Dit is ook naby verskeie hospitale en skole.

Die eenheid het 2 slaapkamers wat oor die tuin uitkyk waarvan een 'n koningingrootte-bed en die ander een 2 enkelbeddens het. Alle linne, handdoeke en komplimentêre opknapper, sjampoe, stortjel en room word voorsien. Ekstra komberse is vir elke bed beskikbaar asook elektriese komberse. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet, sowel as 'n wasmasjien.

Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, stoof, broodrooster, ketel, oond, mikrogolf en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies toegerus.

In die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel, 'n TV met DStv Premium-kanale. Daar is ook onbeperkte hoëspoed WiFi, lugversorging, en sekuriteitsvensters.

Die eenheid deel 'n motor-ingang met die hoofhuis, maar het sy eie aangewese parkeerplek. Geen sleepwaens word toegelaat nie, tensy dit vooraf gereël word. Gaste kan van die gemeenskaplike lapa en swembad tussen 10:00 en 20:00 gebruik maak.

Slaapplek

'n Bespreking by Suikerbos sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Suikerbos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za