Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Summer Forever

Summer Forever
Vanaf
Vanaf R3 300
per eenheid
  • Plek vir 12 persone
  • Alleenstaande Eenheid
  • Koninggrootte-bed
  • Lees meer
Die eenheid/kamer het
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Kamergeriewe
Dienste
  • Koordlose internet
Badkamer
  • Bad
  • En-suite
  • Stort
Kamergeriewe
  • Eetkamer
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis
Vermaak
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Let asb. dat hierdie huis in 'n stil en rustige woonbuurt is. Geen partytjies of groot funksies word toegelaat nie. Die instansie word verhuur an gaste wat op soek is na 'n ontspannende wegbreek.

Bepalings en Voorwaardes:
Die betaling van die besprekingsdeposito geld as die aanvaarding van die bepalings en voorwaardes.

Sou gaste die bespreking bevestig moet hulle asseblief verseker dat die deposito voor die vervaldatum in ons rekening betaal word om kansellasies te vermy. Let asseblief daarop dat 'n deposito van 50% van die volle gekwoteerde bedrag vereis word vir alle besprekings. Die versuiming om die deposito voor die vervaldatum te betaal, kan lei tot die kansellasie van die voorlopige bespreking en die eienaars behou die reg om dit te herverhuur aan 'n ander kliënt.

Gebruik asseblief jou naam as verwysing wanneer jy die deposito betaal. Slegs elektroniese oorbetalings of direkte bankdeposito's word aanvaar. Ongelukkig kan ons geen tjekbetalings aanvaar nie. Kontantdeposito's kan moontlike bankkostes beloop wat van jou sleutel- en breekskadedeposito verhaal sal word.

Geen sleutels sal oorhandig word voor 'n volledige en finale betaling nie.

'n Breekskadedeposito van R3000 word gehef op elke bespreking. Die deposito sal sowat 2 weke na die uitklokdatum terugbetaal word nadat alle nodige aftrekkings gedoen is. Die deposito sal deur 'n bankoorbetaling in die rekening wat jy stipuleer terugbetaal word.

Die inventaris moet nagegaan word deur die huurder met aankoms en enige teenstrydighede moet binne 12 ure ná aankoms aangemeld word. Indien daar geen tekort of breekskade aangemeld word nie, sal die inhoud van die eenhede as korrek aanvaar word en die huurder sal aanspreeklik gehou word vir enige breekskade of tekorte. Neem kennis dat die eenheid slegs nagegaan word ná die gas die perseel verlaat het.

Ons vereis dat gaste die eenheid in 'n skoon en netjiese toestand laat met vertrek. Indien nie, sal 'n skoonmaakfooi van R400 (vir eenhede met slaapplek vir minder as 6 gaste) en R600 (vir eenhede met slaapplek vir 7 of meer gaste) gehef word en dit sal van die breekskadedeposito verhaal word.

Enige breekskade aan die eiendom, vaste of roerende eiendom, buiten redelike slytasie, wat nie deur die sleutel- en breekskadedeposito gedek word nie sal vir die gas se rekening wees en sal gefaktureer word aan die gas vir betaling.

Voorwaardes van huur: Die perseel is slegs vir vakansie-doeleindes te huur en slegs vir die tydsduur soos aangedui in die besprekingsbrief. Geen troues, partytjies of groot bymekaarkomste word toegelaat nie. Die aantal gaste wat die perseel beset mag nie die maksimum aantal gaste waarvoor die huis voorsien, oorskry nie. (Dit sluit kinders in.)

Huurders sal nie toegelaat word om die eiendom te betree of te beset indien hulle die maksimum aantal huurders per eenheid oorskry nie. In so 'n geval sal die gas die volle fooi en deposito verbeur.

Huurders en hul besoekers moet by die terme en reëls van die plaaslike munisipaliteit se verordeninge hou om uitsetting van die huurder en hul gaste te vermy. Die eienaar behou die reg voor om huurders uit te sit indien dronkenskap, wangedrag of rusverstoring aangemeld word. In só 'n geval sal die huurder die volle fooie en deposito verbeur. 'n Boete van R1000 sal gehef word vir enige klagte waar die polisie na die huis uitgeroep word.

Rook is verbode op dié residensiële perseel. 'n Verdere verbeuring van die sleutel- en breekskadedeposito sal gehef word indien die matte, gordyne of meubels met stoom skoongemaak word. 'n Verdere boete van R1000 sal gehef word indien gaste in die huis rook. Die volle vervangingskoste (insluitend aflewering en installering) sal gehef word vir enige meubels wat beskadig word deur sigaretbrandmerke.

Geen troeteldiere word toegelaat nie tensy skriftelike toestemming van die eienaar ontvang is.

Bring asseblief jou eie strandhanddoeke, swartsakke, toiletpapier en opwas-seep vir enige bespreking. 'n Minimale hoeveelheid van dié items word voorsien. Alle bedlinne word voorsien.

Inklok- en uitkloktye: Die inkloktyd is vanaf 14:00 en vertrek is streng om 10:00 aangesien ons skoonmaker die eenheid moet voorberei vir die inkomende gaste. Gaste kan vroeër inklok of later uitklok mits dit vooraf gereël word. 'n Boete van R1000 sal gehef word indien gaste later uitklok as wat vooraf afgespreek is.

Kansellasie:
- Sou gaste kanselleer word die volle adminstrasiefooi gehef.
- Daar is 'n kansellasiefooi van 20%. Kansellasie moet op skrif plaasvind.
- Kansellasies minder as 'n maand (30 dae) voor die inklokdatum sal lei tot die verbeuring van die volle gekwoteerde berag.
Indien die eenheid wat bespreek is skielik, weens onvoorsiene omstandighede, nie meer beskikbaar is nie sal ons alternatiewe verblyf voorsien of jou volledig terugbetaal.

Betaling:
Spitsseisoen: 'n Deposito van 50% word verlang en die uitstaande bedrag is 30 dae voor die inklokdatum betaalbaar.
Mid- of buite seisoen: 'n Deposito van 50% word verlang en die uitstaande bedrag is 5 dae voor die inklokdatum betaalbaar.

Vrywaring: Die eienaar, sy agent(e) en/of die werknemer(s) ("eienaar") sal nie verantwoordelik gehou word vir, en die gas(te) doen afstand van enige aanspraak van enige aard ook al, maar nie beperk tot dood, diefstal, beserings, verlies of skade van welke natuur ook al, teen die eienaar, hetsy weens die eienaar se versuim, nalatigheid of andersins. Daarmee saam vrywaar die gas(te) die eienaar teen enige aanspraak van watter aard ook al, wat spruit uit die eienaar se versuim, nalatigheid of andersins. Die eienaar, agente of personeel sal nie aanspreeklik gehou word vir omstandighede teweeg gebring weens natuurrampe of munisipale dienste nie. Gaste is verantwoordelik vir hul eie besittings.

'n Vrywaringsvorm moet geteken en terugbesorg word saam met 'n afskrif van die huurder se ID.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 12)
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Penshurst-straat 1313, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc2MDc5ZjAwLTY2NTItNDg1YS04MWNkLTJkMTI4MTk1NGRlZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 300 per nag (plek vir 12) 26 5 1 5 1313 Penshurst Road Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.897646079457 30.342926681042
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem