Sun Ray Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sun Ray Guest House is in Wierdapark, Centurion, geleë. Ons bied 2 gerieflike, ruim, skoon woonstelle.

Woonstel A het 1 ruim slaapkamer met 'n dubbelbed, ruim kaste, 'n spieëltafel, en 'n en suite-badkamer. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank en 'n TV met volledige DStv. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n oondjie en tweeplaatstoof en 'n yskas-vrieskas. Die woonstel het 'n uitsig oor die lieflike swembad en Jacuzzi en 'n privaat patio met 'n tafel, stoele, sambreel, en braaigeriewe.

Woonstel B het 1 ruim slaapkamer met 'n dubbelbed, ruim kaste, en 'n spieëltafel. Die leefarea het 'n slaapbank vir 2 mense. Daar is 'n badkamer met 'n bad en stort, 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n sitkamer. Verder is daar 'n TV met sekere DStv-kanale. Die woonstel het 'n balkon met 'n gasbraaier. Gaste het toegang tot die swembad en Jacuzzi op die perseel.

Let asseblief op dat al twee woonstelle 4 mense kan akkommodeer. Elke woonstel het 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 mense en 'n sitarea met 'n slaapbank vir 2.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sun Ray Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za