Sun River Kalahari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sun River Kalahari Lodge is geleë in die hartjie van die Groen Kalahari. Ons sien daarna uit om jou bekend te stel aan ons hartlike gasvryheid, doeltreffende diens en opgeruimde personeel. Sun River Kalahari Lodge bied gerieflike, luukse en bekostigbae verblyf en 'n volledige reeks gastegeriewe is beskikbaar in al ons kamers.

Die 25 en suite-kamers is gerieflik, luuks en smaakvol gemeubeleer volgens 'n subtiele Afrika-tema. Ons bied kamers met en sonder uitsigte oor die rivier. Elke kamer is toegerus met DStv, lugversorging en luukse badkamers.

Die Lodge het rustige binne- en buite-areas met kaggels vir 'n heerlike atmosfeer. Die eetarea op die stoep loop uit op 'n tuin met luisterryke uitsigte oor die rivier, tuine met palmbome en een van 2 swembaddens in die son. Hierdie pragtige venue het plek vir 30 konferensiegangers en die restaurant het plek vir 60 persone.

Ons bestuur en personeel is baie goed opgelei en het baie ervaring in die gasvryheidsbedryf. Ons liefde vir mense noop ons om alles in ons vermoë te doen om vir gaste 'n puik ervaring te gee.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  24-uur Kamerbediening
  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sun River Kalahari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 560 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za