LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sunset Bliss | LekkeSlaap
+89

Sunset Bliss

Blits-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf voor 13 Maart 2022

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parkstraat 63, Perlemoenbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 R630 per nag(plek vir 2)

Beskrywing

Sunset Bliss is in Perlemoenbaai, tussen De Kelders en Gansbaai geleë en bied 3 aparte, gerieflike selfsorg-eenhede met slaapplek vir tot 14 gaste wat elk 'n onbelemmerde see-uitsig bied. Die Dolphin-suite is troeteldiervriendelik indien dit vooraf gereël word.

Al die eenhede het toegang tot WiFi en DStv. Hierdie eenhede is op die drumpel van die Walkerbaai-strand en gaste kan kilometers reg teen die kuslyn gaan stap, waar daar ook sitplekke is om die natuur te geniet. Sunset Bliss is minder as 3 km van Stanford's Cove-strand af, met pragtige grasperke en 'n veilige area vir piekniek of braai met parkeerplek, swaaie vir kinders, toilette en buitestortgeriewe.

Sunset Bliss beskik oor 3 aparte eenhede met privaat ingange en uitstekende uitsig oor Walkerbaai en op die berge. Whale Manor bied verblyf aan 8 gaste, 'n onderdakpatio met ’n braai, en ’n knus kaggel in die leefarea vir die koue wintersaande. Dolphin Suite bied verblyf aan 4 gaste en het ’n onderdakbraai en vuurput op die stoep. Dit is die enigste eenheid wat troeteldiervriendlik is, mits daar vooraf reëlings getref word. Penguin Cottage bied verblyf aan 2 gaste en het braaigeriewe op die stoep.

Elke eenheid het gemaklike koningingrootte- en enkelbeddens en privaat badkamers met baddens en storte. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Elke eenheid het 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe. Die Whale Manor en Dolphin Suite het elkeen 'n wasmasjien. Whale Manor beskik ook oor 'n skottelgoedwasmasjien. Die leefareas het elkeen 'n TV met DStv en toegang tot 'n privaat stoep met 'n see-uitsig en braaigeriewe. Elke eenheid het parkeerplek op die perseel.

Gaste kan walviskyk tussen Junie en Januarie. Die Duiwelsgat-staproete van 7 km begin by die Gansbaai-hawe en eindig by Klipgat-grotte, De Kelders, en kinders kan ook hierdie staptog doen.

Verken die omgewing met een van die bergfietsroetes, besoek die uitstekende wynroetes, gaan haaihokduik, visvang of klop by een van die talle restaurante in die omgewing aan. Daar is ook besienswaardighede soos die Danger Point-vuurtoring, Walker Bay, die Strandveld Museum en die African Penguin and Seabird Sanctuary.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 76 resensies vir Sunset Bliss
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Parkstraat 63, Perlemoenbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sunset Bliss het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R900 R630
per nag (plek vir 2)
Vanaf R900
R900 R630
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parkstraat 63, Perlemoenbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA13bc48769f8a99de433f5d8ca0e69a8d074e68be5df0d4260e11883d17250e7932faa100cdff19cfa6aa523f4c195625cb8b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900, nou Vanaf R630  per nag(plek vir 2) 76 5 1 5 63 Park Street Perlemoenbaai 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.574041897381 19.34855301276
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!