Vaal Marina Akkommodasie by Sunset Cove Sensation | LekkeSlaap
+35

Sunset Cove Sensation

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ring-weg 5, Eenheid 32, Sunset Cove, Vaal Marina, 1945, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sunset Cove Sensation bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n dubbelverdieping-vakansiehuis by die waterfront in die Vaal Marina op die Vaaldam. Die huis is in ’n sekuriteitskompleks geleë wat ’n tennisbaan, klimraam, trampolien, en swembaddens vir volwassenes en kinders het. Gaste kan die Jacuzzi geniet wat ’n uitsig oor die tuin het.

Die huis het ’n pool-tafel, sekere DStv-kanale, gasbraaigeriewe, asook hout- en steenkoolbraaigeriewe. Die huis het ’n kroeg, waar gaste kan ontspan en die uitsig kan geniet. Die oopplan-kombuis is toegerus met ’n yskas, oond, stoof, mikrogolf, wasmasjien en skottelgoedwasser. Die oopplan-sitarea het ’n gaskaggel, wat ’n warm atmosfeer skep op koue wintersaande.

Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en en suite-badkamer, die tweede kamer het ook ’n koningingrootte-bed en die derde kamer het ’n stapelbed. Elke kamer het 0Æn TV en daar is ook ’n dubbelslaapbank in die leefarea. Daar is ook 2 motorafdakke en ’n addisionele voertuig kan langsaan parkeer.

Die kompleks laat nie toe dat bote daar te water gelaat word nie, maar die perseel langsaan, Bayshore Marina, bied wel hierdie geriewe teen ’n addisionele koste. Dit moet vooraf met die marina-eienaar bespreek word. Dit is noodsaaklik dat die nodige sertifikate van voldoening van die boot, asook die skipperslisensie voorsien word voordat die boot op die water gaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Sunset Cove Sensation sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 4 resensies vir Sunset Cove Sensation
Netheid
4.5/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Ring-weg 5, Eenheid 32, Sunset Cove, Vaal Marina, 1945, Gauteng
  • Gaste dink Sunset Cove Sensation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vaal Marina Gauteng
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ring-weg 5, Eenheid 32, Sunset Cove, Vaal Marina, 1945, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABTS3GGUEc6e2Y2FivSDGOXka8HWXAazvMu84JKjD1RF4VlFn29?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 750  per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 52 Ring Road, Unit 32 Sunset Cove 1945 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.883287001006 28.194324606082
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za