Sunset Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunset Game Lodge is in die Guernsey Privaat Natuurreservaat in Limpopo, sowat 40 km vanaf die Krugerwildtuin se Orpen-hek geleë.

Dié Gaste-lodge het 7 kamers wat elkeen uniek versier is en slaapplek vir tot 16 gaste bied. Die slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die een kamer is het 2 dubbelbeddens. Die kamers het elkeen 'n en suite-badkamer. Daar is 2 badkamers met net storte en 4 met storte en baddens.

Die lodge het 'n gemeenskaplike selfsorg-kombuis wat ten volle toegerus is, 'n oopplan-sitarea en TV-kamer met 2 eetkamers. Daar is 'n 120 m²-dek met 'n kroegarea wat oor die watergat en die Drakensberge uitkyk. In die binnehof is daar 'n swembad met sonstoele en 'n pragtige boma met al die nodige braaigeriewe.

Doendinge op die perseel sluit voëlkyk en wildritte in. Daar is natuurlik 'n verskeidenheid ander besienswaardighede en doendinge in die omgewing, soos die Maholoholo Wildlife Sanctuary, die luiperd-projek by Kapama, bootritte en witwatervlotvaart in die Blyderivierspoort en gaste kan ook begeleide staproetes aanpak en daguitstappies na die Krugerwildtuin onderneem.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunset Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 242 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]