Sunset Manor Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunset Manor Guest House is 'n luukse, nuwe gastehuis in Potchefstroom. Dié herehuis kry sy naam by die beeldskone sonsondergange wat 'n mens van hier af sien. Sunset Manor is langs die Mooirivier se vleiland geleë en die omgewing herinner 'n mens aan die platteland ten spyte van die feit dat dit in die dorp is. Soggens word gaste wakker met die klank van die voëltjies wat tjilp en die perde wat runnik en galop langs die heining.

Elke eenheid is spesifiek ontwerp en het 'n slaapkamer, en suite-badkamer en kombuisie. daar is ook 'n sitarea en 'n werkstasie. Elke kamer het 'n privaat ingang, platskerm-TV met DStv, lugversorging, ketel, drankie-skinkbord, yskassie, mikrogolfoond, kluisie en WiFi. Daar is veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig per eenheid. Die beddens is gemaklik en van topgehalte en die ekstra-lang matras verseker 'n goeie nagrus. Ontbyt is opsioneel en word bedien in die elegante eetkamer van die instansie.

Sunset Manor is gerieflik naby die NWU, Fanie du Toit-sportgronde, Aardklop-terrein, Mooirivier Mall en middestad. Met aandag aan detail en uitstaande diens sal Sunset Manor gou jou tweede tuiste word.

Ons sien uit na jou volgende besoek.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunset Manor Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R995 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false