Sunset Studio

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunset Studio is 'n klein, netjiese ateljeewoonstel met see-uitsigte in Noordhoek. Dit is ideaal vir paartjies, sakereisigers of enkelgaste wat die pragtige Suidelike Skiereiland van Kaapstad wil verken. Dit is in 'n veilige en stil woonbuurt teen die voet van die berg met 'n skouspelagtige see-uitsig geleë.

Die ateljeewoonstel het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n kombuisie met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Gaste het toegang tot gratis WiFi gedurende hulle verblyf.

Dit is 'n veilige area waar gaste kan gaan stap of fietsry en daar is taxi's vir langer ritte. Daar is parkeerplek vir gaste met voertuie op die perseel.

Die woonstel is sentraal geleë en het maklike toegang tot Chapman's Peak-rylaan en Houtbaai, Long Beach, Kommetjie-strand, Fish Hoek, Kalkbaai, Simonstad, Kaappunt Natuurreservaat, Misty Cliffs, Scarborough, die Constantia-wynroete en Silvermine Natuurreservaat.

Slaapplek

'n Bespreking by Sunset Studio sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunset Studio gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za