Sunset TeePee Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunset TeePee Retreat is in Mosselbaai, 'n klein kusdorpie op die alombekende Tuinroete. Dit is 'n bekende toeristebestemming met verskeie besienswaardighede en doendinge. Dié tipi-oord is weg van dit waaraan 'n mens gewoond is en bied die perfekte ligging vir voortreflike sonsondergange en uitmuntende sterrekykgeleenthede.

Daar is 6 tipi's beskikbaar. Elke tipi bied slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n privaat toilet, warmwaterstort en 'n volledig toegeruste kombuisie. 'n Gemeenskaplike yskas is by ontvangs beskikbaar. Die tipi's het pragtige matvloere, warm en gemaklike beddens met katoenlakens, en warm wolkomberse vir die koue winteraande.

Al word die tipi's met paadjies verbind en al is elkeen sigbaar, is daar steeds oorgenoeg ruimte en privaatheid tussen hulle. Daar is geen elektrisiteit in die tipi's nie, maar elkeen word deur sonkrag, kerse en lanterns belig. Elke tipi het privaat braaigeriewe.

Dié betowerende kampeerterrein is die ideale plek vir die avontuurlustige reisiger en groepe, asook familiereunies, volmaanseremonies, slypskole en ander oornaggeleenthede - vir diegene wat op soek is na 'n unieke verblyfervaring.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunset TeePee Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false