Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Super Cool

  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweekuilen, Blouvalkstraat 26, Diasstrand, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Super Cool is halfpad tussen Mosselbaai en Hartenbos op die Tuinroete geleë, wat vir die wonderlike, matige klimaat regdeur die jaar bekend is. Dit bied soveel besienswaardighede en vermaak vir gesinne met kinders, maar ook rustige en veilige verblyf vir reisigers wat net wil rus en die wonderlike natuurskoon wil geniet.

Verblyf word in 2 gerieflike woonstelle gebied.

Die boonste verdieping het 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer het. Dit word vanaf 'n ruim balkon met braaigeriewe, 'n tafel, stoele en 'n groot sambreel bereik. Die eenheid beskik oor 'n oopplan-sitarea, 'n kombuis, 'n slaaparea en 'n badkamer. Die sitarea het 'n slim-TV en 'n tafel met 4 stoele, waarvan 2 lêstoele is. Daar is ook ondervloerse verhitting en veilige parkeerplek langs die eenheid.

Die woonstel op die onderste verdieping het 'n aparte slaapkamer, 'n badkamer en 'n ruim oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en baie pakplek. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n binne- en buitebraai. Die eetarea het sitplek vir 6 tot 8 gaste en daar is 'n gemaklike sitkamerstel en slim-TV in die sitarea.

Albei eenhede het beddegoed, seep, toiletpapier en oorgenoeg kook- en eetgerei vir die aantal gaste wat geakkommodeer word.

Die oord se swembad is baie naby Super Cool en die swemstrand is 5 minute se stap ver. Die strand word deur 'n plankpaadjie, wat ideaal is vir rolstoele, bereik. Die Tweekuilen-veiligheidskompleks, waarin Super Cool geleë is, is langs 'n pragtige strandmeer met 46 voëlspesies. Dié voëlspesies en 'n uitsig oor die meer, see en op die berge kan vanaf 'n voetpaadjie gesien word, wat al langs die oewer en die kinderspeelpark kronkel.

Super Cool is 400 m vanaf 'n klein besigheidskompleks met 'n wassery, 'n kruidenierswinkel, 'n drankwinkel en 'n restaurant geleë. Die Langeberg Mall is net 1,5 km ver en die Hartenbos Waterfront, met 'n verhitte swembad, waterglybane, minigholfbane en talle restaurante is 4 km ver.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 13 resensies vir Super Cool
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Roux Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Jaar gelys 4

Ligging

  • Tweekuilen, Blouvalkstraat 26, Diasstrand, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Super Cool het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweekuilen, Blouvalkstraat 26, Diasstrand, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkj88fZuFIqZcOUXVLljfTauoCLzYjRrS5kLbt5QYcCRuA9U7Tx?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 Tweekuilen 26 Blouvalk Street 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -34.152782745985 22.105985491829
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem