Suttons Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Suttons Place, in die hartjie van Kaapstad, is perfek geleë tussen die sakekern en kleurvolle, geskiedkundige Bo-Kaap. Die gebou is 'n unieke voorbeeld van moderne, kontemporêre argitekoniese ontwerp. Dit bestaan uit gesogte, luukse dubbelverdieping-solderwoonstelle in die hartjie van Kaapstad.

Ons bied 2 gerieflike, selfsorg-solderwoonstelle wat volledig gemeubileer en ingerig is om 'n heerlike ontspanne vakansie te verseker. Die woonstelle is gerieflik vir vakansiegangers en sakelui. Al die solderwoonstelle het 'n tussenvlak met 'n slaapkamer en 'n slaapbank in die sitarea onder. 'n Weeklikse skoonmaakdiens ingesluit by die daaglikse tarief en al die eenhede het veilige onderdakparkeerplek.

Die tweeslaapkamerwoonstel kyk na die weste en het 'n balkon met pragtige uitsigte op Leeukop, Seinheuwel en syaansigte van Tafelberg. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed, 'n mikrogolf, 'n yskas en 'n vrieskas. Alle linne en handdoeke word voorsien en daar is 'n gemeenskaplike swembad en 'n wasgoeddiens in die kompleks.

Kom beleef die stadleefstyl in 'n gesogte ligging soos dié naby al die geriewe wat Kaapstad bied. Ons is net 2 minute se stap van die bedrywige Langstraat en moderne De Waterkant af en is ook binne loopafstand van die Internasionale Konferensiesentrum en Groenpunt Stadion af. Ontspan in die stil binnehof wat 'n terras en swembad insluit en bewonder die asemrowende uitsigte oor die middestad, Tafelberg en die Bo-Kaap. Ons sien uit daarna om jou by Suttons Place in die hartjie van Afrika se Moederstad te verwelkom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Suttons Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 780 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false