+49
Selfsorg in Jeffreysbaai

Swanepoel Gastehuis

12 gaste

6 slaapkamers

7 beds

4 badkamers

  • 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 83 Da Gama Road, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Swanepoel Gastehuis is sentraal in die kusdorpie Jeffreysbaai geleë en is slegs 'n entjie se ry vanaf die strand en gholflandgoed. Dié huis is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n wegbreek vir 'n naweek of in die middel van die week.

Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede, derde en vierde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die sesde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde badkamer het elk 'n stort, toilet en 'n wasbak, en die vierde badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n yskas, gaskookplaat, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n groot etenstafel met stoele en 'n binnebraai-area. Die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Die skuifdeure lei na 'n stoep met sitplek en 'n swembad.

Besienswaardighede en aktiwiteite in die omgewing sluit die Jeffreysbaai-gholfklub, swem, branderplankry, skubaduik, snorkel, visvang, seil en kanovaart in.


Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • 83 Da Gama Road, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 6 000
per nag (plek vir 12)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 6 000
per nag (plek vir 12)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 6 000
per nag (plek vir 12)
Bespreek

83 Da Gama Road, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap

Sien kaart
  • 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf9f32018f673d4b303628a5f52ea68d92c7861a9197f08c5ee480bf026ae9e88d3a5f243501e9b03e4593deb4fb5e8ea95b7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 000 per nag (plek vir 12) 83 Da Gama Road Jeffreys Bay 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.044363271855 24.925854206085

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang