Swans Nest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Swans Nest is in Fichardtparkt geleë, 'n veilige en rustige woonbuurt in 'n gegoede voorstad van Bloemfontein.

Verblyf word in 2 eenhede gebied. Die selfsorg-eenheid het oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en die tweede kamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus met 'n yskassie, stoof, oond, ketel, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n TV met DStv beskikbaar. Veilige parkeerplek word voorsien.

Eenheid 2 is ruim en ingerig vir selfsorg. Dis 'n netjiese eenheid wat daagliks skoongemaak word. Die eenheid het 'n volledige kamer en privaat ingang. Privaat parkeerplek is beskikbaar.

Ons ligging maak dit maklik om by die N1-hoofweg uit te kom en ons is na aan al die vernaamste winkelsentrums, mediese geriewe en sportstadions. Swans Nest is net 10 km van Shoeman Park en Bloemfontein se gholfbane af. Dit is ook slegs 200 m vanaf Rosepark Hospitaal. Gaste mag dalk van die geskiedkundige geboue in die omgewing wil besoek, dit sluit in: die Vrouemonument, die Oorlogmuseum, die Militêre-museum en Oliewenhuis.

Kenmerke

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Swans Nest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za