Sylvan Grove Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sylvan Grove Guest House is weg van die rumoer van die besige strandfront en is die ideale toevlugsoord as jy wil ontspan. Dis net 15 minute se ry vanaf Durban se middestad, die Internasionale Konferensiesentrum, uShaka Marine World en Sibaya Casino. Umhlanga en La Lucia Ridge Besigheidspark, veilige swemstrande, die Gateway Inkopiesentrum en verskeie puik restaurante is ook net 'n paar minute van ons af.

Elke kamer is gerieflik en smaakvol ingerig en het lugversorging, 'n plafonwaaier en 'n en suite-badkamer. Ander geriewe in die kamer sluit koffie- en teemaakgeriewe, 'n telefoon, WiFi, TV met DStv, radio, haardroër, kluis en kroegyskassie in. 'n Swembad en braaigeriewe is tot gaste se beskikking. Strandhanddoeke word voorsien. Rook is verbode in Sylvan Grove en is beperk tot die buite-areas.

Sylvan Grove is ten volle gelisensieerd. Die kamers word daagliks skoongemaak. 'n Was- en strykdiens is op versoek beskikbaar. 'n Engelse of Kontinentale ontbyt word soggens bedien. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Ons sekuriteitswag is saans 18:00 tot 6:00 aan diens sodat gaste gemoedsrus kan hê en hul verblyf kan geniet.

Kinders ouer as 5 jaar is welkom. Kinders word net toegelaat in die gesin-suite met sy 2 aparte slaapkamers. Ons luukse dubbelkamers en 2-enkelbedkamers het net plek vir 2 volwassenes, geen kinders. Kinders kan nie op hul eie in ons luukse 2-enkelbed- of dubbelkamers bly nie. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Daar WiFi in al die gastekamers. Alle vername kredietkaarttipes word aanvaar.

Ons is net 2 uur se ry vanaf die St. Lucia-vleilande wat 'n wêrelderfenisgebied is, en 3 uur vanaf die Hluhluwe Umfolozi Wildreservaat. Toere na besienswaardighede in en rondom Durban kan gereël word. Bote vir walvis- en dolfynkyk, diepseehengel en skubaduik vertrek van die plaaslike strand af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sylvan Grove Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false