Sylvia's Gift Self-Catering Unit

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Sylvia's Gift Self-Catering Unit is in 'n sekuriteitskompleks in Centurion en bied gehalteverblyf aan 'n sakereisiger, familiebesoekers of oornaggaste. Dis in Wierdapark-area naby die gewilde Mall@Reds-winkelsentrum, restaurante en skole.

Die eenheid is op die boonste verdieping en het 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis het 'n yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Dit lei na 'n balkon met stoepmeubels en 'n uitsig oor die tuin. Die tuin en braaigeriewe is tot gaste se beskikking.

Veilige onderdakparkeerplek word op die perseel voorsien.

Die landgoed is baie rustig, veilig om in te stap en het ook 'n pragtige park.

Sylvia's Gift Self-Catering Unit is binne maklike afstand van Unitas en Midstream Hospitale. Die N1 is maklik bereikbaar en die Gautrein-bushalte is sowat 300 m van die eenheid af, net buite die landgoed.

Slaapplek

'n Bespreking by Sylvia's Gift Self-Catering Unit sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sylvia's Gift Self-Catering Unit gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 R585 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za