Table View Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Table View Lodge is net 5 minute van die strand af en bied gerieflike, topgehalte-selfsorgverblyf in Table View naby die gewilde Big Bay, Bloubergstrand en verskeie restaurante en winkelsentrums.

Die lodge bied privaat, stylvolle suites met al die nodige badkamer- en kombuisgeriewe, en 'n TV met DStv. Alternatiewelik kan gaste in 'n gedeelte huis slaap met hulle eie kamer wat kan toesluit.

Gaste het ook toegang tot braaigeriewe en WiFi en ons nooi jou uit om langs die swembad te ontspan. Aangewese parkeerplek is beskikbaar buite die perseel, maar dit is veilig en aanvaarbaar vir baie mense in die Kaap.

Heelwat seilplankryers, vlieërbranderryers en branderplankryers is gaande daaroor om by ons te kom bly omdat ons so naby die strande is, maar tog uit die sterk winde verwyder is wanneer hulle terugkeer na 'n lang dag op die strand. Ons is slegs 30 minute van Kaapstad se sakekern en die V&A Waterfront af. Jy kan maklik op 'n MyCiTi-bus spring, met 'n bushalte slegs 100 m van die huis af, en ry tot in die middestad, die lughawe of selfs verder op teen die Weskus na Melkbosstrand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Table View Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R725 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za