Tahiti 10

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tahiti 10 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel met 3 slaapkamers. Dit is in die Tahiti-kompleks geleë in Umdloti, 'n vakansiedorpie aan KwaZulu-Natal se Noordkus.

Dié woonstel is gemeubileer en beskik oor 3 dubbelslaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Daar is ook lugversorging. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof en die oopplan-sitkamer lei na 'n patio met braaigeriewe.

Daar is ook 'n TV. Die kompleks spog met 'n swembad en 'n grasdak-boma en gaste het toegang tot 2 parkeerplekke.

Die kompleks is gerieflik geleë naby winkels, restaurante en die strand. Umdloti is net 10 km van Umhlanga af en 10 minute van King Shaka Internasionale Lughawe af. Umdloti is geleë tussen Umhlanga en Ballito en word omring deur velde van suikerriet en inheemse woude. Umdloti spog met 3 strande en doendinge sluit visvang, snorkel, duik, voëlkyk en vlieërbranderry in.

Slaapplek

'n Bespreking by Tahiti 10 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tahiti 10 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false