Umdloti Akkommodasie by Tahiti 20 | LekkeSlaap
+20

Tahiti 20

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noord-kusweg, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Tahiti 20 bied selfsorgverblyf in ‘n drieslaapkamerwoonstel in Tahiti-kompleks in Umdloti aan KwaZulu-Natal se Noordkus.

Dié woonstel beskik oor lugversorging, 3 dubbelkamers, 2 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is 2 kamers met koningingrootte-beddens en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak, en die tweede badkamer het ‘n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met ‘n yskas, stoof, oond en mikrogolf. Die sitarea het ‘n TV en lei na ‘n stoep met braaigeriewe.

Die kompleks bied ‘n gemeenskaplike swembad en ‘n grasdak-boma. Parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar.

Die kompleks is naby winkels, restaurante en die strand. Umdloti is net 10 km vanaf Umhlanga en 10 minute se ry van King Shaka Internasionale Lughawe af. Dis tussen Umhlanga en Ballito en is ‘n kusbewarea wat deur suikerplantasies en inheemse woude omring is. Die area bied 3 strande en doendinge sluit visvang, snorkel, duik, voëlkyk en vlieërbranderry in.

Slaapplek

’n Bespreking by Tahiti 20 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Noord-kusweg, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noord-kusweg, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAh9FMl9yxli1zCcAdMN8hOGGZGTb38qDBL2Zz86gAWcjGy2V59D?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 6) North Beach Road Umdloti 4350 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.670010539704 31.117253661377
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za