Takjes Plaas
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hectorskraalweg, Takjes Plaas, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Takjes Plaas bied verblyf in 'n lieflike selfsorghuis wat op 'n perdeplaas, sowat 20 km buite Stilbaai, geleë is en is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n rustige wegbreek.
Dié huis het slaapplek vir 5 volwassenes en 'n kind en beskik oor 3 slaapkamers, 'n studeerkamer en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n driekwartbed. Daar is ook 'n bed wat slegs vir 'n kind geskik is in die studeerkamer. Die gedeelde badkamer het 'n bad.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is, en daar is ook 'n toonbank met stoele. Die aparte opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die aangrensende sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n dek met sitplek. Daar is ook 'n ingeboude braai en 'n vuurput met sitplek in die tuin. Veilige parkeerplek is vir 3 voertuie op die perseel beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Takjes Plaas sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Helene Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Maande gelys 10
Ligging
- Hectorskraalweg, Takjes Plaas, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Takjes Plaas het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hectorskraalweg, Takjes Plaas, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom