Tarentilos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tarentilos is op 'n privaat landgoed net buite Tzaneen geleë en bied 'n unieke, rustige atmosfeer in 3 selfsorg-kamers wat 'n moderne kombuis deel, gemeenskaplike braai-area en gedeelde badkamers vir mans en vrouens. Ideaal vir 'n groep vriende of 'n gesin.

Daar is ook 2 selfsorg-chalets wat 'n uitsig oor die meer het en B&B-kamers wat elkeen keurig ingerig is. Daar is slaapplek vir altesaam 31 gaste op die landgoed en ons funksielokaal is perfek vir feesvieringe vir 40 gaste.

Daar is ook 6 B&B-kamers met 'n Balinese atmosfeer, TV's en en suite-badkamers. Dit sluit 2 dubbelkamers, 3 tripelkamers en 1 kamer vir 4 gaste in.

Die landgoed word goed in stand gehou en spog met ruim, rustige tuine waar wild rondloop. Verskeie voëlspesies kom ook hier voor, so ywerige voëlkykers sal in hul noppies wees. Daar is ook 'n swembad waar 'n mens lekker kan afkoel. Tarentilos Country Venue & Accommodation is net 5 km vanaf Tzaneen se sentrale sakegebied met sy tientalle restaurante, winkels en dokters.

Dis gerieflik geleë vir gaste wat die besienswaardighede rondom Tzaneen wil verken. Maak gerus 'n draai by die Debengeni-waterval, Haenertsburg-dorpie, Magoebaskloof se boomtoptoere, Eco Park Lion & Predator Wildlife Observation Centre, Modjadji-reënwoud en voetslaanpaaie. Dis net 'n uur se ry vanaf die groot jagluiperd-projek en die sywurmplaas.

Die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek is net 120 km hiervandaan, so dis die perfekte oornagplek onderweg na die wildtuin of Mosambiek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Witborde
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tarentilos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]