Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tau Self-catering House

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Apr 2024 tot 13 Jun 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeistraat 3289, Marlothpark, 0174, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 750 R6 075 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Tau Self-catering House is in die Marlothpark natuurreservaat aan die oewer van die Krokodilrivier geleë, met 'n asemrowende uitsig oor die Krugerwildtuin en sy wild.

Dié huis beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers met slaapplek vir 10 gaste. Elke kamer het lugversorging.

Daar is 'n ruim, goed toegeruste kombuis met 'n gasstoof, elektriese oond, groot yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ysmasjien, skottelgoedwasser en al die ander toebehore vir selfsorg.

Maaltye kan geniet word in die binnenshuise oopplan-eetarea, op die boonste verdieping se ontbytarea wat oor die Krugerwildtuin uitkyk of onder in die lapa met sy ingeboude braai. Die braai-area lei na 'n groot tuin met 'n swembad. Sonstoele is beskikbaar in die private swembad-area.

Die hoof kenmerk van die lodge is die groot patio op die boonste verdieping met verskeie sitplekke. Die patio bied die beste uitsigte oor die Krokodilrivier en die Krugerwildtuin met sy Groot 5 in Marlothpark. Gaste kan ure lank die troppe olifante en buffels dophou soos hulle by die rivier kom water drink. Leeus is ook gereeld te siene terwyl hulle dié troppe volg en verskeie seekoeie het die rivier voor die huis as hul tuiste ingewy.

Op die boonste verdieping is daar 'n binnenshuise leefarea wat na die patio lei. Dié area het 'n biblioteek en 'n TV met volle DStv-kanale en gemaklike rusbanke as jy eers genoeg wild gekyk het. Daar is 'n sonkrag-rugsteunstelsel sodat hierdie eiendom nie deur beurtkrag geraak word nie.

Gaste by Tau Self-catering House kan in die oop voertuig ry, saam met 'n opgeleide gids in die Krugerwildtuin om wild van nader te besigtig. Bespreek dit asb. vooraf. Gaste kan ook self op wildritte gaan juis omdat ons so naby die Malelane- en Krokodilbrug ingange na die Krugerwildtuin geleë is

Gaste moet asb. hul eie bergfiets saambring en kan maklike roetes langs die rivieroewer of in die bos ry waar wild gesien kan word vir 'n onvergeetlike ervaring. 'n Bospaadjie binne die reservaat kan gaste ook nader aan die natuur bring.

Die huis is slegs 60 minute se ry van die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe af en ongeveer 20 minute se ry vanaf die naaste ingang na die wêreldbekende Krugerwildtuin by Krokodilbrug. Daar is verskeie restaurante is Marlothpark, asook 'n klein inkopiesentrum waar gaste benodigdhede kan aankoop.

Slaapplek

’n Bespreking by Tau Self-catering House sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 37 resensies vir Tau Self-catering House
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Seekoeistraat 3289, Marlothpark, 0174, Mpumalanga
  • Gaste dink Tau Self-catering House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 750
R6 750 R6 075
per nag (plek vir 10)
Vanaf R6 750
R6 750 R6 075
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeistraat 3289, Marlothpark, 0174, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5ec661cb743fdd9b87f38e6163e665e5a8a23154d1ecff1615d96720cde8c403938f8b266ef331e1d46ccc68d7b8a4faba32?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R6 750 nouVanaf R6 075 per nag (plek vir 10) 37 5 1 5 3289 Seekoei Street Marloth Park 0174 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.333938181671 31.809726152115