Durbanville Akkommodasie by Taylor's Place | LekkeSlaap
+12

Taylor's Place

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hangklipweg 4, Durbanville Hills, Durbanville , 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Taylor's Place is 'n goed-gevestigde selfsorg-gastehuis in die lowerryke voorstad Durbanville, 'n noordelike voorstad van Kaapstad. Dis volledig gemeubileerd en toegerus vir selfsorg om absolute gemak en 'n rustige atmosfeer te skep. Taylor's Place is ook gerieflik naby toeristebesienswaardighede, besighede en winkels, sowel as sportgeriewe.

Ons bied uitstekende waarde vir geld in 'n huis met 2 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, 'n sitkamer en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is met koningingrootte-bed ingerig. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het ingeboude kaste, en alle linne en handdoeke word voorsien. Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolfoond en alle toebehore vir selfsorg. Die oopplan-sitkamer langs die kombuis beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n slaapbank. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit lugversorging en WiFi in.

Daar is 'n privaat ingang en 'n tuintjie met braaigeriewe, 'n omheinde kristalhelder swembad wat gaste kan gebruik en dis veilig vir kinders. Dié eenheid het ook veilige, onderdak-parkeerplek.

Durbanville se Wynvallei, asook bekende winkelsentrums soos Willowbridge, Tygervallei en Canal Walk lê op Taylor's Place se drumpel.

Slaapplek

’n Bespreking by Taylor's Place sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 12 resensies vir Taylor's Place
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Hangklipweg 4, Durbanville Hills, Durbanville , 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Taylor's Place het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hangklipweg 4, Durbanville Hills, Durbanville , 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIxODlkNWIxLTZmZjktNDhkZC1iYWE0LTViYzUxYzcwMmMzNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 5) 12 5 1 5 4 Hangklip Road Durbanville Hills 7550 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-00:00 10:00 -33.849799593095 18.64217877388
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za