Tenahead Mountain Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tenahead Mountain Lodge skuil in 'n beskutte gedeelte van die Oos-Kaap in Suid-Afrika en is 'n versteekte juweel. Die skouspelagtige lodge is op Lesotho se grens, 2500 m bo seevlak en word omring deur die asemrowende natuurskoon van die Drakensberge, Witteberg en Malutiberge.

Verblyf beskik oor 7 en suite-slaapkamers met oop kaggels wat aangesteek word wanneer dit sneeu. Daar is groot dubbelvensters in die een muur van elke slaapkamer wat 'n panoramiese uitsig oor die pragtige berge en valleie bied. Al die slaapkamers het yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, DStv, en 'n satelliet-telefoon. Die badkamers is toegerus met stort- en badgeriewe.

Die lodge het 3 sitkamers, 'n ontbytkamer, hoofeetkamer en 'n biblioteek. Al die ruim leefareas in die lodge word verhit deur oop kaggels wat pragtig versier is. Die lodge het 3 sitkamers, 'n ontbytkamer, hoofeetkamer en 'n biblioteek. Daar is 2 houtdekke waar middagete en skemerkelkies genuttig word as die weer dit toelaat. Verder het ons 'n wynkelder vol voorraad en word Suid-Afrikaanse geregte met Oosterse en Europese kinkels voorgesit.

Die is 'n absolute paradys vir natuurliefhebbers. Kyk uit vir bokke en klein diertjies, soos jakkalse, konyne, amfibieë, reptiele en meer as 300 voëlspesies. Die heuwels en valleie bars uit hul nate van die veldblomme en saans glimmer miljoene sterre in die naghemel. Winters by Tenahead is snerpend koud met sneeu wat soos 'n kombers op die grond lê, en in die somer is hier gereeld donderstorms. Hier by Tenahead sal jou gees vernuwe word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Wynkelder
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tenahead Mountain Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 165 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]