Thaba Monate Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thaba Monaté Game Lodge skuil in die Waterberge, naby Bela-Bela in Limpopo.

Dié lodge het 32 chalets, kampeerplekke in Rooibok Park en Nyala Park, en safari-tente. Die chalets is teen 'n heuwel gerangskik en bied luisterryke uitsigte oor die omliggende berge. Die natuurlike plantegroei tussen die chalets sorg vir genoeg privaatheid. Elke eenheid het 2 of 3 slaapkamers, 1 of 2 badkamers, 'n kombuis, woonkamer, oop dek, en 'n braai-area. Handdoeke word nie voorsien nie, en gaste moet dus asseblief hul eie saambring.

Kampeerders kan 'n staanplek in Rooibok Park of Nyala Park bespreek. Al die staanplekke is met gras bedek, in die skaduwee en daar is krane, kragpunte (15 amp), asdromme en braai-areas. Rooibok Park is ideaal vir groepe - daar is 14 staanplekke (12 x 12 meter elk) en dit is naby die ablusieblok wat beskik oor 'n gesinsbadkamer.

Nyala Park se 105 staanplekke (10 x 10 m elk) is bietjie verder van die ablusiegeriewe af. Laasgenoemde bestaan uit 3 aparte blokke met gesinsbadkamers. Dié park het ook 'n klimraam, trampolien, en 'n swembadjie. Let asseblief op dat waterbestande grondseile nie in een van die parke toegelaat word nie.

Die safari-tente bied stilte en privaatheid in die verste hoekie van Nyala Park. Elke tent het 2 enkelbeddens en 'n waaier, yskassie, en linne word voorsien. 'n Braaiplek is beskikbaar, maar eetgerei en breekware word nie voorsien nie. Al die tente is sowat 1 km van die vernaamste besienswaardighede en geriewe af.

Nie een van die eenhede het 'n radio of TV nie omdat stilte vir ons belangrik is (daar is wel 'n TV met DStv in die kroegarea). Gereelde wildritte kan by ontvangs bespreek word, en daar is ook begeleide wandelinge, staproetes, voëlkykgeleenthede, bergfietsroetes, visvangplekke en kano-vaarte.

Let asseblief op dat daar net grondpaaie in die oord is. Alhoewel dit goed onderhou word, is nie al die paaie toeganklik vir gewone voertuie nie - van die paaie is spesifiek bedoel vir viertrekvoertuie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thaba Monate Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za