Thaba Nkwe Bush Veld Inn
Beskrywing
Thaba 'Nkwe Bush Lodge bied selfsorg-chalets, 'n kothuis met sy eie badkamer, hutte vir rugsakreisigers en 'n gesinshuisie met gemeenskaplike ablusiegeriewe. Thaba 'Nkwe Bush Lodge is net 5 km vanaf Thabazimbi Mall, ander winkels en geriewe.
Die 4 en suite-chalets bied elk slaapplek aan 4 gaste en selfsorgverblyf kan gereël word. Drie van dié chalets het stapelbeddens en dubbelbeddens. Die ander eenheid het 2 dubbelbeddens. Die hoofslaapkamers het dubbelbeddens en privaat areas met klein en suite-storte en toilette.
Daar is 6 grasdakhuisies vir rugsakreisigers met 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed. Die huisies het braaigeriewe en elke eenheid het 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Ekstra komberse en waaiers is ook beskikbaar. Daar is sitplek op elke stoep en die eenhede is naby die storte, swembad en restaurante.
Die Giraffe-gesinshuisie het 2 driekwartbeddens en 2 klein bedjies. Die eenheid het 'n mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n DStv-koppelpunt, ekstra komberse, 'n waaier en 'n groot onderdakstoep met sitplek en braaigeriewe.
Die kothuis vir paartjies het 'n dubbelbed en 'n klein en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die eenheid het ook 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n privaat area buite met sitplek en braaigeriewe. Daar is ook ander geriewe soos DStv en 'n waaier of komberse, afhangende van die seisoen.
Daar is geriewe soos 'n A la Carte Restaurant met 'n houtdek en 'n Bush Bar met 'n pool-tafel en rugby op die grootskerm. Verder is daar ook 'n groot swembad, speelarea vir kinders, WiFi, 'n wasgoeddiens en gratis parkeerplek. Sekuriteit is gedurende die nag by die hoofingang aanwesig.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensie geriewe
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart
Gaste wat na Thaba Nkwe Bush Veld Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |