Noordwes Akkommodasie by Thaba Noka | LekkeSlaap
+39

Thaba Noka

Selfsorg
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Venterskroonpad, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 380 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Thaba Noka is in die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied geleë wat aan die historiese Venterskroon en die Vaalrivier grens. Dié privaat oord bied selfsorgverblyf en konferensiegeriewe, en is sowat 'n uur en 'n half vanaf Johannesburg.

Verblyf word gebied in 'n privaat en afgeleë Fin and Feather-wittebroodkothuis, die hoofhuis en Brian's Cabin. Fin and Feather en Brian's Cabin het albei slaapplek vir 4 gaste en die hoofhuis het slaapplek vir 10 gaste. Thaba Noka bied ook The Conference and Pool House wat 'n dubbelverdiepinggebou in die tuin op die Vaalrivieroewer is. Dié konferensiekamer is op die boonste verdieping en het groot glasvensters. Die onderste verdieping beskik oor 'n groot sitarea met 'n houtdek en 'n rivier-uitsig. Daar is 'n kombuisie, kroeg met dubbel-yskas en 'n toilet.

Die konferensiekamer het plek vir 18 afgevaardigdes en is toegerus met 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en waaiers. Daar is 'n aparte braai-area, asook 'n swembad. Dis ook ideaal vir troues en daar is 'n geplaveide area vir tente en 'n parkeerarea.

Doendinge in die omgewing sluit wandel in die natuur, voetslaanroetes, visvang, kanovaart, voëlkyk en 4x4-roetes in. Parys is sowat 31,3 km ver en Potchefstroom is sowat 31,9 km ver.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Witborde
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 6 resensies vir Thaba Noka
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Venterskroonpad, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Gaste dink Thaba Noka het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noordwes
Vanaf R1 380
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 380
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Venterskroonpad, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIxNWI5NTg0LTk4ODMtNDUxYy04ZmY4LTVlMjgzNzdiOGU5Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 380  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 Venterskroon Road Potchefstroom 2520 Noordwes 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -26.886933023721 27.269718647003
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za