Thaba Pitsi Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kom beleef die ongereptheid van Thaba Pitsi se 500 hektaar wildreservaat, sonder TV's, telefone en radio's wat inbraak maak op jou ontspanning. Dit is die perfekte wegbreek om van al jou stres te vergeet en uit die stad uit te kom. Die natuurreservaat bied 'n eksklusiewe "Out of Africa"-ervaring in 'n pragtige ligging wat wemel van die wild. Dis 'n ervaring wat jy ewig sal koester! Thaba Pitsi Safari Lodge is in 'n malaria-vrye area geleë naby aan Gauteng: dis 'n uur en 'n half se ry van die O.R. Tambo lughawe af en een uur se ry van Pretoria af.

Ons akkommodasie is luuks, maar toon ook respek aan die omgewing om eko-toerisme te bevorder.

Op die heuwel in die hartjie van die Suid-Afrikaanse bosveld is ons 5 luukse safari-tente (4 van die tente bied slaapplek vir 2 mense, en die ander tent bied slaapplek vir 'n gesin van 4). Die tente is individueel opgemaak, elk met 'n en suite-badkamer. Die tente is in die skadu van inheemse bome geleë en beskik oor 'n dek wat uitkyk op die golwende heuwels. Die eenhede is sowat 150 m van mekaar af geleë.

Buiten die luukse tente, bied Thaba Pitsi ook 3 chalets met en suite-badkamers in 'n Afrika-sjiek styl opgemaak. Twee van die chalets bied slaapplek vir 2 mense en die ander chalet vir 4 mense. Die chalets is naby aan mekaar en is ook naby aan die Bush Bar, die swembad en die res van ons geriewe geleë (skakel ook met die kampeerterrein).

Ons kampeergeriewe sluit 'n klein fiksheid-area, 'n spa, konferensie-area, ontbyt-area en 'n grasdak-lapa met 'n middagete-area wat uitkyk op die swembad. Terwyl jy ontspan kan die kinders hulself in die "kiddies" swembad geniet! Al ons geriewe skakel pragtig in met die natuurlike omgewing, en die twee komplementeer mekaar.

Daar is tientalle doendinge, soos wildritte teen ekstra koste, bergfietsroetes, staproetes, voetslaanroetes, perdry-roetes, vierwielmotorfiets-roetes, tennis, kleiduif- en boogskiet. Ander doendinge elders kan ook gereël word.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thaba Pitsi Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]