Thaba Thabo Nature Reserve & Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thaba Thabo Nature Reserve & Farm is op 'n 1500 ha-plaas tussen Ficksburg en Fouriesburg naby die Lesotho-grens. Daar is 3 damme op die plaas waar verskeie voëls en wild gesien kan word. Twee van die damme het karp en forel en gaste is welkom om teen geen ekstra koste vis te vang.

Verblyf word in die Gumtree en 3 Oaktree Chalets gebied. Die chalets is selfsorg en word daagliks skoongemaak. Elke chalet het beddegoed, handdoeke, eetgerei, breekware, potte, panne en kookgerei. Daar is geen TV nie en dis daarom die ideale plek om uit die moderne lewe te ontsnap. Daar is elektrisiteit wat deur sonpanele opgewek word.

Daar is 4 gemerkte voetslaanroetes, maar gaste kan ook hul eie roete stap. Die topografie is ideaal vir bergfietsry, vierwielmotorfietsry en bergmotorfietsry. Sommige areas kan slegs deur 'n voertuig met 'n hoë grondvry-hoogte bereik word. Perdry word op die buurplaas gebied.

Thaba Thabo Nature Reserve & Farm is net 30 km van Ficksburg, 47 km van Fouriesburg, 70 km van Clarens, 88 km van Bethlehem en 130 km van Afriski af. Die reservaat bied 360°-uitsigte op die Malutiberge.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thaba Thabo Nature Reserve & Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za