Bojanala Akkommodasie by Thabametsi Farm | LekkeSlaap
+80

Thabametsi Farm

Selfsorg
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thabametsi Plaas, Magaliesburg, 1791, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Thabametsi Farm is 'n rustige, landelike selfsorg-toevlugsoord in die hartjie van die skilderagtige Magaliesburg. Thabametsi is op 'n 132 hektaar-plaas tussen twee koppies geleë en kyk uit oor die vallei na die Witwatersrand se berge.

Daar is 2 bungalows wat volledig toegerus is en 3 dubbelkamers waarvan die hoofslaapkamers en suite is. Daar is baddens en stort, en ook 'n buitestort by B2. Verder is daar 'n leefkamer en kombuis en elke eenheid het sy eie lapa en braai-area.

Die Lavender Cottage het slaapplek vir 2 volwassenes en 3 kinders of 5 volwassenes in 2 aparte slaapkamers. Die badkamer het 'n stort. Daar is 'n leefarea met 'n TV met SABC. Verder is 'n onderdakveranda, braaigeriewe, 'n Weberbraai en 'n uitsig oor die vallei.

Die Owl Cottage het slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n aparte leefkamer met DStv. Die eenheid het 'n uitsig oor die vallei voor en oor die bosveld agter. Daar is ook 'n aparte braai-area met 'n Weber.

Sunset en Sunrise word as 1 eenheid bespreek. Sunrise het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Sunset is 'n aparte leefarea met 'n kaggel en DStv-hotelpakket. Die eenheid lei na 'n braai-area met pragtige uitsigte. Sunset is 'n gerieflike rondawel met 'n toilet, stort en 2 driekwartbeddens.

Squirrels Nest House is 'n lieflike vierslaapkamerhuis. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank. Die ander 3 slaapkamers et 2 driekwartbed en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.

Thabamesti Farm bied gesinsgeoriënteerde verblyf, so kinders is welkom. Daar is eende, hoenders, kalkoene en ander plaasdiere wat 'n lekker plaasatmosfeer skep en 'n klimraam, trekker- en donkiekarritte wat ingesluit is vir kinders. Ponieritte vir kinders tussen 4 en 12 jaar is ook beskikbaar. Daar is kaggels en verwarmers vir knus winteraande, terwyl daar in die somer in die lieflike bomas onder die sterre gebraai word.

Gratis onderdakparkeerplek word voorsien.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 38 resensies vir Thabametsi Farm
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Thabametsi Plaas, Magaliesburg, 1791, Noordwes
  • Gaste dink Thabametsi Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thabametsi Plaas, Magaliesburg, 1791, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAENOQZ9Spq8OB8AZCxGizvWkU41IRjG8V9dfUWpWXOHKKSAX78U?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 38 5 1 5 Thabametsi Farm Magaliesburg 1791 Noordwes 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.939166666667 27.406666666667
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za