Thabaphaswa Mountain Sanctuary

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thabaphaswa Mountain Sanctuary is 'n bosveld-toevlugsoord op die Percy Fyfe-pad net 16 km noord van Mokopane/Potgietersrus in Limpopo. Dit is die ideale oornagbestemming vir reisigers wat onderweg is na die Krugerwildtuin, Noord-Limpopo en ander plaaslike areas.

Dié reservaat bied slaapplek aan 'n groot groep gaste en beskik oor uniek ontwerpte boskampe, 'n 4x4-berghut, 'n kothuis wat volledig toegerus is vir selfsorg en The Pump House. Die oornag-kampe is gekamoefleer tussen groot rotse op die plaas en pas mooi in saam met die landskap.

Let asb. daarop dat die geriewe baie basies is. Elektrisiteit word nie voorsien nie, maar daar is wel gaslampe. Gaste moet asb. seker maak dat dié geriewe hulle welgeval voordat hulle navraag oor verblyf doen.

'n 4 km lange provinsiale grondpad en nog 'n 4 km lange plaaspad bied toegang tot die ontvangsarea by die hoofhuis. Die plaaspad is moontlik nie ideaal vir voertuie met 'n lae grondvryhoogte nie.

Doendinge in die omgewing sluit voetslaan, draf, bergfietsry, 4x4-roetes, rotsklim en abseil in. Daar is ongeveer 168 voëlspesies en 117 boomspesies. Gaste is ook welkom om te ontspan in die plaas- of natuurlike damme. Daar is 2 ziplines vir oud en jonk wat ure se vermaak bied. Thabaphaswa Mountain Sanctuary is 'n werkende Nguni-plaas, waar gaste meer van die geskiedenis en interessante feite kan leer ken. Kinders kan deelneem aan doendinge soos vee aankeer en koeie melk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thabaphaswa Mountain Sanctuary gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R340 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]