Thakadu Self-Catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die naam 'Thakadu' spruit uit die Tswana-naam vir Aardvark. Dié wildlodge is aan die voet van die Waterberge geleë en bied die perfekte omgewing vir natuurliefhebbers, 'n familie-wegbreek, spanbou of korporatiewe konferensies. Kom kuier by ons om te ontspan en die 350 voëlspesies, plantegroei en 'n rykdom van Afrika-wildsoorte te aanskou.

Thakadu Self-Catering Accommodation is ongeveer 2 ure se ry van Johannesburg en 1½ ure van Pretoria af geleë op die N1 in die rigting van Polokwane (Pietersburg).

Akkommodasie by Thadaku bestaan uit grasdak-chalets in 'n Afrika-styl, met rustieke afwerkings wat bydra tot die ware bosveld-atmosfeer. Al ons chalets is toegerus met elektrisiteit, en bied 'n werklik aangename ondervinding.

Geriewe by ons lodge sluit selfsorg-chalets in, en 'n gemeenskaplike lapa met 'n TV. Daar is ook 2 buitelugswembaddens.

Thakadu Self-Catering Accommodation bied jou 'n intieme en privaat Bosveld-troue, gemoedsrus, uitnemende akkommodasie en voortreflike kookkuns ten einde jou troue 'n onvergeetlike ervaring in die natuur te maak. Ons kan jou 'n onvergeetlike byeenkomsplek vir tot 80 gaste bied aan die voet van die Waterberge.

Thakadu bied: 'n trou-venue, selfsorg-chalets, voëlkykgeleenthede, 'n swembad, voetslaanroetes, wildkykritte, klein funksies vir tussen 10-80 mense en 'n TV in die lapa.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Pools
  •  Russies

Konferensie geriewe

  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thakadu Self-Catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R240 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za