The Andros Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Andros Boutique Hotel is 'n Kaap-Hollandse woning, gebou in 1908 en ontwerp deur Sir Herbet Baker. Die huis is in groot, gevestigde parkagtige tuine in die hartjie van Claremont, een van Kaapstad se pragtige suidelike voorstede. Dit is herstel en opgradeer. Die hoofhuis is gemeubileer in 'n elegante en tradisionele styl, en komplementeer die oorspronklike kenmerke van die pragtige grasieuse huis.

Agt ruim slaapkamers is in die tuin geleë, elk met sy eie veranda en uitsig oor die welige tuin. Die 4 oorspronklike kamers in die hoofhuis, elk individueel versier in 'n tradisionele styl, het pragtige tuine en berg-uitsigte. Die suite het 'n aparte ingang, leefarea en privaat swembad. Ons Tuin-Suites bied ruim en luukse akkommodasie. Die kamers is gemeubileer met al die nodige luukse om jou verblyf so gerieflik en onvergeetlik as moontlik te maak.

Ontspan by die swembad of oefen in die goed toegeruste gimnasium en sauna. Ons skoonheidsalon, Ginkgo Petite Spa @ The Andros het 3 behandelingskamers met gekwalifiseerde skoonheidsterapeute wat daagliks aan diens is waar jy jouself kan bederf met 'n persoonlike behandeling wat jou behoeftes te pas. Die konferensiekamer het al die nodige toerusting vir klein intieme konferensies en kan tot 20 afgevaardigdes gemaklik akkommodeer.

Onthaal by die Andros. Dis 'n intieme restaurant met 34 sitplekke wat 'n romantiese en elegante eet-ervaring bied. Die spyskaart van sjef Nicolene Barrow fokus op plattelandse kos met 'n Franse invloed en verander gereeld om die seisoen te reflekteer. Bestanddele voorsien 'n opwindende, genoegsame a la carte spyskaart om alle smake te pas en word gekomplementeer deur 'n uitstekende wynlys.

The Andros is gerieflik geleë naby aan al die besienswaardighede. Kirstenbosch en die Constantia-wynlande is om die draai terwyl die Waterfront en gewilde strande net 15 minute se ry weg is. Die idilliese ligging en uitstekende diens maak The Andros die perfekte plek vir enige geleentheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Andros Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 695 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za