Stanford Country Cottages - The Ark

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Ark is 'n interessante huis en soos die naam voorstel, herinner dit 'n mens aan Noag se Ark en is in Stanford. Dit is tussen groot bome in 'n welige tuin geleë, net 'n paar treetjies van die kronkelende rivier af. Die huis is pragtig versier met Franse flair en 'n interessante samesmelting van stewige antiekware en kontemporêre meubels.

The Ark bied slaapplek vir tot 6 gaste en het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die stel houttrappe lei jou na 2 van die lugtige kamers, 1 met 'n koninggrootte-bed en die ander met 'n koningingrootte-bed. Die groot vensters kyk van alle oogpunte af oor die tuin uit. Daar is 100% katoen perkallinne en Hongaarse donsveerduvets. 'n Addisionele slaapkamer het 'n ingang van buite af en het 'n antieke dubbelbed van eikehout. Die boonste badkamer is versier met houtpanele en het 'n wasbak, toilet en bad. Die onderste badkamer het 'n stort, wasbak en aparte toilet.

Op die onderste verdieping is 'n sitkamer en eetkamer, 'n groot kombuis, oop kaggel wat as 'n binnenshuise braai gebruik kan word as die weer sleg is. Die kombuis is volledig toegerus met 'n groot vrieskas/ yskas, vyfplaatstoof met elektriese oond en 'n ruim voorbereidingsarea en kasspasie. Daar is 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en ysmasjien in die waskamer.

Die onderdakstoep kyk oor die ruim tuin en speelarea vir kinders. Daar is ingeboude sitplek en 'n groot tafel vir luilekker al fresco-etes en die gemaklike dagbed is die ideale plek om jou boek uiteindelik klaar te maak. Die draagbare braai en 'n vuurput is weg van die huis af geleë en bied houtstoele en 'n ongekunstelde werksbank vir lekker lang aande om die vuur. Veilige parkeerplek van die straat af word voorsien agter 'n toesluitplaashek.

Slaapplek

'n Bespreking by Stanford Country Cottages - The Ark sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Sitkamer

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stanford Country Cottages - The Ark gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 700 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]