The-Ark B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The-Ark B&B is geleë in een van die oudste geboue teen Pearly Beach se hoogste duin. Pearly Beach is 'n dutjiesdorp met lang wit strande en 'n vreedsame atmosfeer. Verblyf hier is ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers.

Drie van die kamers is privaat geleë op die grondverdieping en elkeen bied gerieflike akkommodasie vir 2 gaste. Die Seal Room het plek vir 3 gaste. Die Albatros Kamer is 'n nuwe kamer in die Ark en dit is bo geleë, met see- en berg-uitsigte en sy eie balkon.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer of sy eie badkamer, koffie- en teemaakgeriewe, 'n muurverwarmer, yskassie en 'n kluis. Ontbyt is ingesluit by die tarief en word in die privaat eetkamer voorgesit. Daar is ongelukkig nie kamerdiens nie.

The-Ark is net 200 m van die see af en, as die tyd van die jaar reg is, kan jy sien hoe die walvisse in die oseaan baljaar. Gaste kan gerus gaan haaihokduik in Kleinbaai of die 1- tot 4-dagstap gaan doen. Ons help graag om dit te reël.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The-Ark B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false