The Bay Lodge
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 18 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bob Bouwer-singel 29, Bayview, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 866 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
The Bay Lodge het 'n asemrowende ligging op Bayview Beach. By hierdie lodge sorg die huislike kamers en heerlike ontbyt vir onvergeetlike verblyf. Die gastehuis is in die stil woonbuurt genaamd Bayview geleë, net 8 km vanaf Mosselbaai se middedorp en 2 km van Hartenbos af.
Die ruim kamers is net 'n hanetreetjie van die strand af. Eklektiese style en omgewingsvriendelike materiale word vermeng in die die kontemporêre interieurs. Kies een van die stylvolle, gerieflike kamers. Elke kamer beskik oor koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie, 'n platskerm-TV, DStv, elektroniese kluise, luukse geriewe en WiFi. Rook is verbode in al die kamers.
Die gastehuis bied 'n eerlikheidskroeg, espresso, cappuccino, tee, gratis WiFi, 'n wasgoeddiens, parkeerplek op die perseel, 'n binne-braai en 'n boma waar gaste 'n egte Suid-Afrikaanse braai kan geniet en die luisterryke uitsig kan bewonder.
Die lodge is net 25 minute se ry vanaf George Lughawe. Mosselbaai bied soveel doendinge, besienswaardighede en restaurante. Aangesien dit op die Tuinroete geleë is, is die lys van aktiwiteite byna eindeloos. Daar is 'n swemstrand voor die gastehuis wat gedurende die spitsseisoen deur lewensredders beman word. 'n Pendeldiens na die plaaslike restaurante is ook op versoek beskikbaar. Besprekings en inligting oor die pendeldiens is by ontvangs beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Bob Bouwer-singel 29, Bayview, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink The Bay Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bay View Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 18 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bob Bouwer-singel 29, Bayview, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom