Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Beach House

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Morea-weg 3769, Bettiesbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

The Beach House is 'n moderne, ruim strandhuis op Bettiesbaai se hoofstrand, 120 m van die hoofwatermerk af. Daar is nie huise of paaie wat die pragtige see-uitsig belemmer nie. Bettiesbaai is bekend vir sy rustige atmosfeer en verskeidenheid buitelug-doendinge.

Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Daar is 2 kombuise wat volledige toegerus is, 2 leefareas, 'n knus kroegarea en 'n oopplan-eetarea. Die kaggel maak die eenheid lekker warm in die wintermaande en gaste kan selfs binne braai. Daar is ook 2 stoepe wat 'n asemrowende uitsig oor die strand asook op Kogelberg bied.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n dubbelbed in die derde en vierde slaapkamers en die laaste kamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 3 slaapkamers deel die derde badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuise het elkeen 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is genoeg eetareas waar almal saam kan aansit.

Daar is ook veilige parkeerplek op die perseel.

Bettiesbaai is 'n prentjiemooi kusdorp wat in die nou strook tussen Kogelberg en die Atlantiese Oseaan skuil. Dit word begrens deur varswatermere en die Palmietrivier en het pragtige strande om te verken. Die Silver Sands- en Hangklipduine lê aan die westekant van Stony Point en bied 'n 4 km-lange strand en fantastiese vlieërbranderry-geleenthede. Die strand is ook ideaal vir 'n pieknieks, om te swem of op jou branderplank die golwe in te vaar.

Slaapplek

’n Bespreking by The Beach House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 20 resensies vir The Beach House
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Morea-weg 3769, Bettiesbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Morea-weg 3769, Bettiesbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhmuiDyl97SybYKQPYlWyHkUMeCSr6TjJjALm1LbSI83miMaVVq?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10) 20 5 1 5 3769 Morea Road Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.3595264 18.9035112