The Beach Room

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Beach Room is op die skilderagtige Woodbridge-eiland geleë, ’n veilige en rustige toevlugsoord by die see met ’n prentjiemooi uitsig op Tafelberg net 50 meter van jou voorstoep af. Dis boonop net ’n vinnige 9 km-rit met die MyCiti-bus van die Kaapse middestad af.

Die ateljee-kamer het slaapplek vir maksimum 1 of 2 volwassene(s) in die 16 m²-kamertjie met sy een koningingrootte-bed wat met vars, wit beddegoed oorgetrek is. Die en suite-badkamer het ’n stort, toilet en handwasbak en handdoeke word verskaf.

Die kamer het die volgende geriewe: ’n HD slim-TV (platskerm) met toegang tot plaaslike kanale (DStv Compact), basiese selfsorggeriewe wat ’n yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, dompelkoffiepot, breekware en eetgerei, ’n ingeboude kas, ’n werkoppervlak met ’n gerieflike opvoutoonbank en gratis WiFi.

Die kamer is heeltemal apart van die hoofhuis met sy eie ingang en ’n klein binnehof met 2 stoele en ’n tafeltjie waar jy heerlik kan ontspan. Daar is veilige parkeerplek in besoekersparkeerplek. Daar is 3 gemeenskaplike swembaddens op die eiland vir gaste en inwoners se plesier. Die pragtige, netjiese en rustige openbare tuine bied ook hope plek waar jy in stilte kan ontspan, die natuurskoon kan geniet of in rus en vrede kan lees.

Die hoogtepunt op Woodbridge-eiland is die 5 km lange strand 50 m van jou voordeur af. Hier kan jy na hartelus branderplankry, draf of stap met die prentjiemooi Tafelberg en die Moederstad aan die een kant en Bloubergstrand aan die ander kant en Robbeneiland net oorkant die baai.

Dis minder as 5 minute van die 2 plaaslike kroeë, Ilha en The Tavern wat heeldag ontbyt, middag- en aandete bedien. Die gewilde restaurant Maestro's on the Beach met sy ongelooflike uitsig is net oorkant die pad. Hulle bedien ’n verskeidenheid a la carte-geregte, van ontbyt tot aandete.

Tableview, die wêreldbekende vlieërbranderrymekka, is minder as 9 km weg, asook meer plaaslike branderplankrystrande soos Eden on the Bay en Big Bay. Die fietsrypaadjie sal jou na Tableview langs die kus verby neem of reg na die middestad van die Kaap. Vir gimnasium-verslaafdes is Century City se Virgin Active-gimnasium slegs 10 minute weg. Dis buite die gewilde winkelsentrum en vermaaklikheidskompleks Canal Walk geleë. Oorkant die ingang na Woodbridge-eiland kan jy ’n potjie gholf op die Milnerton-gholfbaan gaan speel of in ’n kano op die Milnerton-strandmeer vaar.

Slaapplek

'n Bespreking by The Beach Room sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Beach Room gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za