The Belgium Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Belgium Inn bied verblyf in 'n luukse lodge wat in die Hoedspruit privaat wildlandgoed geleë is. Die landgoed is die tuiste van 'n verskeidenheid kleinwild insluitend bokke, ystervarke en vlakvarke. Jy mag dalk selfs een van ons skugter inwonende luiperds raaksien!

Verblyf word aangebied in 5 luukse en uniek versierde en suite-kamers. Elke kamer is ingerig met lugversorging en waaiers om gaste koel te hou in die tipiese Laeveld-somers. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale. Linne word voorsien. Elke kamer het 'n privaat stoep en daar is 'n swembad asook 'n lapa wat gaste kan gebruik. Tuisgemaakte etes word in die sitarea of bite bedien.

Verskeie roetes vir wildkyk-ritte is beskikbaar op die landgoed vir diegene wat graag self wil rondry en hulself aan die natuurprag wil verkyk.

The Belgium Inn word deur 'n Belgiese paartjie, Jozef en Carine, besit en bestuur en hulle het self die koloniale-styl lodge gebou. Sakereisigers en vakansiegangers kan lekker kom ontspan in hierdie lieflike lodge, versteek in die natuur.

Kenmerke

  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Belgium Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 660 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za