The Brother's Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Brother's Guest House is in die gesogte voorstad Durban-noord, een van die oudste buurte in Durban, en naby die stad se vernaamste besienswaardighede geleë. Die gastehuis is net 15 minute se ry vanaf die middestad, die groot sportstadions, Gateway Mall en Umhlanga se pragtige strande. Verskeie restaurante is stapafstand hiervandaan.

Die gastehuis bied verblyf in 3 gastekamers in die hoofhuis en 'n groot, volledig ingerigte, aparte kothuis. Elke gastekamer het 'n en suite-badkamer, 'n yskassie, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, 'n plafonwaaier, lugversorging, TV met DStv (gastehuis-pakket) en gratis WiFi.

Ontbyt word in die eetkamer bedien of buite by die swembad-area wat oor die rustige tuin uitkyk. Gaste kan kies tussen 'n Kontinentale of volledige Engelse ontbyt.

The Brother's Guest House is in 'n rustige, tropiese tuin met palmbome. Daar is 'n heerlike swembad, grasdak-gazebo en braaigeriewe. Gaste kan by die swembad ontspan, in die sitkamer agteroorsit met 'n boek, of 'n bietjie tyd verwyl in die gastehuis se eie kroeg en media-kamer. Daar is oorgenoeg veilige parkeerplek op die perseel.

Gashere Stephen en Robyn staan altyd gereed om jou versoeke te behartig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Brother's Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za