The Bushbaby Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Bushbaby Inn is in 'n stil en rustige tuin in die luukse woonbuurt, Lydiana, in Pretoria geleë. Dié B&B word omring deur 'n inheemse tuin met volop voëls en inwonende nagapies.

Ons bied verblyf in 10 en suite-kamers wat elkeen 'n koningingrootte-bed het. Elke kamer het lugversorging, ADSL, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en gratis koffie- en teemaakgeriewe. Ekstra beddegoed kan op versoek verskaf word vir kinders.

Ons bied ook geriewe soos veilige parkeerplek, WiFi, 'n swembad en ingeboude braaigeriewe, 'n biblioteek met 'n wye verskeidenheid boeke, 'n eetkamer met 'n lieflike kaggel en 'n gemeubileerde patio. Ons water word verhit met gas-geisers en alle glas, papier en organiese afval word herwin. Daar is ook 'n kragopwekker in die geval van 'n kragonderbreking.

Ons is sentraal geleë met maklike toegang na die N1- en N4-hoofweë. Dié B&B is op 'n koppie, net oos van die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin, geleë en ons is naby die WNNR en die Universiteit van Pretoria.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Bushbaby Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za