@ The C right in front on the C

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

@ The C right in front on the C is in Witsand. Hierdie 62 m²-woonstel is reg langs die see. Die eenheid het 'n privaat ingang met 'n sekuriteitshek wat via trappe na die eerste verdieping se dek lei. Die dek front noord en kyk oor die straat uit.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n warm kombers vir die winter, 'n waaier vir die somer en 'n TV. 'n Nuwe en suite-toilet met wasbak is onlangs bygevoeg. Die woonstel het 'n aparte klein toilet met 'n wasbak en 'n badkamer met net 'n stort. Die tweede slaapkamer front na die see en lei na die sitkamer. Daar is 'n dubbelbed, warm kombers en stapelbed.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, mikrogolf en yskas-vrieskas. Daar is ook 'n kluis en leë kas. Die sitkamer kyk oor die see uit en beskik oor 'n binnebraai. Daar is 'n MP3-speler, radio en TV met 'n DStv-koppelpunt met 70 kanale. 'n Skuifdeur lei na 'n groot dek met 'n braaidrom vanwaar jy die branders kan sien breek. Parkeerplek is vir 'n boot en voertuig beskikbaar.

Gaan stap 'n entjie langs die strand of na die ongerepte Breederiviermond wat geleenthede bied vir voëlkyk, wasviskyk en visvang. Kyk vanaf die dek, skemerkelkie in die hand, hoe die gety instoot, of sit agteroor langs die kaggel met 'n beker warm sjokolade. Avontuurlustiges kan selfs vlieërbranderry, vierwielmotorfietsry of bergfietsry op die proef stel.

Slaapplek

'n Bespreking by @ The C right in front on the C sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @ The C Right In Front On The C gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za