Marlothpark Akkommodasie by The Daniel'lo | LekkeSlaap
+33

The Daniel'lo

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olifant-rylaan 4209, Marloth Park, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

The Daniel'lo is in die veilige Marloth Park Bewarea in die Laeveld van Mpumalanga Provinsie geleë.

Dié dubbelverdiepinghuis het 5 slaapkamers en 'n oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuis. Die eerste 4 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Daar is 2 en suite-badkamers, elk met 'n stort, toilet en wasbak. Die ander 3 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, yskas, wasmasjien, mikrogolfoond, koffie- en temaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die sit- en eetareas op die onderste en boonste vertrekke het lugversorging en 'n TV en 'n DVD-speler. MultiChoice (Premier Package) is gratis op versoek beskikbaar. Daar is ook WiFi teen 'n billike tarief. Skoonmaakdienste is beskikbaar en die huishoudster woon op die perseel.

Daar is 'n pragtige boma, 'n lapa met braaigeriewe, 'n braai-area in die tuin en 'n privaat buitelug stort. Daar is 'n swembad vir die somer en die eiendom is omhein om groot wild uit te hou.

Marloth Park is 'n groot bewarea waar wild vrylik rondloop. Daar is sebras, koedoes, vlakvarke, rooibokke, wildebeeste, kameelperde, bosbokke, muishonde, jennette en nagapies. Die area spog met meer as 260 van Suid-Afrika se voëlspesies.

Die wêreldbekende Krugerwildtuin is op die drumpel en daar is 'n goeie uitsig oor die Krugerwildtuin vanaf die boonste dek. Die Krugerwildtuin se Malelane- en Krokodilbrughekke is ongeveer 18 km van Marloth Park af. Dit is 5 minute stap na die rand van die Krokodilrivier met 'n pragtige sonsondergang. Die ligging bied maklike toegang tot begeleide- of selfrit-safaris deur die Krugerwildtuin.

Slaapplek

’n Bespreking by The Daniel'lo sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed Kinderbank vir 1
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbank vir 1
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed Kinderbank vir 1
Slaapkamer 5
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
2 xKinderbank vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir The Daniel'lo
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Olifant-rylaan 4209, Marloth Park, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink The Daniel'lo het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R3 500
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olifant-rylaan 4209, Marloth Park, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAs6zsIMPdGMjXzrntCkjqoniy4g2MJL2aVAxoSPoNH9LWYySeqM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (vir 10 persone) 2 5 1 5 4209 Olifant Drive Marloth Park 1340 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -25.35474 31.806771
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za