Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Den at Kruger 3479

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbok-straat 3479, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 400 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

The Den at Kruger 3479 is 'n eksklusiewe selfsorg-lodge in die pragtige bosveld-dorpie Marlothpark, 'n 3000 hektar-bewarea. Die dorp is op die suidelike grens van die Krugerwildtuin en spog met die Groot 5.

Hierdie vakansiehuis het slaapplek vir 10 gaste en het 5 en suite-slaapkamers met lugversorging, en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n groot bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 ekstra lang enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die tweede slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, dubbelwasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die vierde en vyfde slaapkamer het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dié slaapkamers het 'n tussendeur wat hul perfek vir 'n gesin met kinders maak, en beide slaapkamers het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf, yksassie en 'n skuifdeur wat na die stoep lei.

Die oopplan-kombuis is met die nodige geriewe om etes voor te berei toegerus, asook 'n toonbank en 'n opwasarea. Die leefarea langsaan het 'n informele etenstafel met sitplek, rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket en Netflix. Die leefarea het stapeldeure wat lei na die kuierarea met 'n kroegarea, stoepmeubels, 'n bomabraai-area en 'n plonspoel met 'n uitsig oor die mensgemaakte watergat wat die diere gereeld besoek.

Daar is gratis WiFi. Wildritte na die Krugerwildtuin kan teen ekstra koste gereël word. Alhoewel dit 'n selfsorg-lodge is, word dit skoongemaak en daar is 'n lodge-bestuurder en 'n assistent aan diens.

Slaapplek

’n Bespreking by The Den at Kruger 3479 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 11 resensies vir The Den at Kruger 3479
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Steenbok-straat 3479, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink The Den at Kruger 3479 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 400
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R5 400
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbok-straat 3479, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA251c15dbdcf01ea1d1dc8e53c19c081ba1115faa74638b5017873a242f88b941127bd2067b2c004e8e163be11f273dccde97?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 400 per nag, vir 10 mense 11 5 1 5 3479 Steenbok Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.341636087728 31.806111459414