LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Edge Boutique Bed & Breakfast | LekkeSlaap
+29

The Edge Boutique Bed & Breakfast

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smith-straat 1, Gonubie, Oos-Londen, 5256, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

The Edge Boutique Bed & Breakfast is aan die oewer van die Gonubierivier geleë en dit spog met 'n rustieke, plantryke atmosfeer en tog is daar moderne dekor binne en buite.

Gaste kan kies tussen die suite of gastekamers en almal is uniek ingerig. Die kamers beskik oor koning- of koningingrootte-beddens en elke kamer het ook 'n helder, ruim badkamer met 'n groot stort. Elke kamer bevat 'n lessenaar, 'n TV met DStv, 'n yskassie, kluis en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is ook WiFi beskikbaar en al die kamers word daagliks skoongemaak.

The Edge Boutique Bed & Breakfast bied 'n verskeidenheid kuierareas. Gaste kan in die ontvangs 'n drankie met aankoms geniet of van die boeke in die biblioteek lees. Daar is ook 'n kroeg met 'n dek wat ongelooflike uitsigte oor die Gonubierivier bied. Die dek het ook sitplek waar gaste kan ontspan en voëlkyk of saans om die vuurput kan kuier en na die sterre kan kyk. Die B&B het ook 'n privaat kelder wat beloof om 'n unieke ervaring te bied of die perfekte plek vir 'n spesiale geleentheid kan wees.

Dié B&B bied alles van voëlkyk tot konferensies. The Edge Boutique Bed & Breakfast laat jou toe om die rustige atmosfeer en natuurlike omgewing ten volle te ervaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 15 resensies vir The Edge Boutique Bed & Breakfast
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Smith-straat 1, Gonubie, Oos-Londen, 5256, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Edge Boutique Bed & Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smith-straat 1, Gonubie, Oos-Londen, 5256, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY3ZmEzODhlLWM1NGMtNGY5MS1iYTcyLTlhYzk1OWEyM2ExMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 2 persone) 15 5 1 5 1 Smith Street Gonubie 5256 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -32.9396216 28.0221256
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!