The Family Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Family Beach House is 'n selfsorghuis in Blythedale. Dié ruim strandkothuis is verhewe bo die strand en het 'n pragtige uitsig van die stoep af. Dis ideaal vir 'n gesinsvakansie.

Die verblyf word in 4 slaapkamers gebied en elke kamer het 1 dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en stort. Kamer 2 het 'n koninggrootte-bed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en stort. Kamer 3 het 'n koningingrootte-bed en enkelbeddens en daar is 'n badkamer oorkant die gang wat 'n toilet en bad het. Kamer 4 het 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en toilet. Alle kamers het skuifdeure wat na 'n stoep lei. Bedlinne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die sitarea het 'n TV met plaaslike kanale en skuifdeure wat na 'n stoep lei. Gaste kan hul eie DStv en -slimkaart saambring. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf en toebehore. Daar is 'n waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en vrieskas.

Daar is braaigeriewe en 'n toesluitmotorhuis vir 1 motor, maar daar is nog ander parkeerplek vir 4 voertuie. 'n Kort entjie se stap deur die tropiese tuin met verskeie voëls en apies, lei jou tot by 'n uitgestrekte strand met rotspoele. Die hoofstrand het haainette en daar is lewensredders oor naweke en gedurende hoogseisoen.

Die Family Beach House is in 'n klein kusdorpie 72 km noord van Durban aan die Dolfynkus geleë. Die area bied winkels, restaurante, koffiewinkels, strande en ongerepte kuslyne. Daar is verskeie wonderlike gholfbane in die area, insluited Prince Grant en Zimbali.

Slaapplek

'n Bespreking by The Family Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Family Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za