Newtown Akkommodasie by The Franklin Loft Apartment 1610 | LekkeSlaap
+5
+5

The Franklin Loft Apartment 1610

Selfsorg
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pritchardstraat 4, Newtown, Johannesburg, 2001, Gauteng
  • Geen kinders onder 12

Beskrywing

The Franklin Loft Apartment 1610 is 'n moderne selfsorgwoonstel in die Franklin-gebou in Johannesburg. Die Franklin Solderwoonstelle bied stylvolle en ruim verblyf in 'n privaat en prentjiemooi ligging. Dit het ook al die geriewe wat jy van 'n modieuse woonstelblok sal verwag, soos vriendelike personeel, 24 uur-sekuriteit, veilige ondergrondse parkeerplek, 'n groot en goed toegeruste gimnasium, 'n Jacuzzi en 'n portier op die perseel wat gaste met navrae en versoeke help.

Die ateljeewoonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n dubbelbed, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die ruim badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n Nespresso-koffiemasjien, teemaakgeriewe, 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 2 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n Bluetooth-klankstelsel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook vinnige WiFi.

Daar is verskeie restaurante, koffiewinkels, kroeë, teaters en nagklubs in die area, asook 'n Woolworths as jy by die huis wil eet. Die woonstelle is gerieflik naby hoofkantore geleë vir gaste wat vergaderings in die stad moet bywoon.

Die Franklin het oor die jare 'n gesogte hotel vir prominente sakemense en sterre in Suid-Afrika geword en is in die hartjie van die sakekern geleë.

Slaapplek

’n Bespreking by The Franklin Loft Apartment 1610 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Jacuzzi
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Pritchardstraat 4, Newtown, Johannesburg, 2001, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pritchardstraat 4, Newtown, Johannesburg, 2001, Gauteng
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqDkFQmmqSzSNwJjAok5AK42ViRNCGg7XTtJhmywH2fZEYLbV0B?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 050  per nag (plek vir 2) 4 Pritchard Street Newtown 2001 Gauteng 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -26.203885233044 28.036732974206
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za