by The Golf Shank | LekkeSlaap
+17

The Golf Shank

Spesiale Aanbod

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 1 Aug 2022 tot 31 Aug 2022 gemaak.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooibokstraat 196, Euphoria Gholflandgoed, Naboomspruit, 0560, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Hierdie manjifieke, luukse huis kan tot 8 gaste akkommodeer en bied 4 identiese en suite-dubbelkamers met 'n stort en 'n bad. Alle slaapkamers beskik oor lugversorging. Die beddens kan as koninggrootte- of twee enkelbeddens opgemaak word, en ons het ook 'n slaapbank in die sitkamer wat addisionele slaapplek bied vir 2 gaste.

Ons is in Euphoria Gholflandgoed en Hydro geleë in die hart van die Bosveld. Die landgoed het 'n 5-ster gradering ontvang van Compleat Golfer vir die "gholf-ervaring". Euphoria Gholflandgoed en Hydro is in die manjifieke Waterberge van die Limpopo geleë, net 2 ure se ry van Johannesburg af, reg buite Naboomspruit. Die landgoed is iets besonders! Daar is 'n kabelspoor wat die klubhuis met die landgoed en skemerkelkie-dek skakel - dis perfek om die sonsondergang en lieflike uitsigte te geniet.

Die Hydro bied 4 bosveld-villas waar dames hulself kan bederf met heerlike behandelings.

Die huis is perfek vir mense wat hou van onthaal en geselligheid. Die oopplan leef-area bied 'n sitkamer, eetkamer en groot, moderne kombuis met graniettoonbanke. Die vertrek maak oop op die stoep met 'n ingeboude braai. Die stoep bied uitsigte op die asemrowende Waterberge en die ultra-moderne Euphoria klubhuis.

Daar is 'n lekker swembad langs die stoep waar jy heerlik kan ontspan na 'n dag van aktiwiteite.

Geriewe in die huis: 4 en suite-dubbelkamers wat elk toegang bied tot die patio, privaat swembad, patio met ingeboude braai, volledig toegeruste kombuis met wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser, sitkamer met gemaklike slaapbank, DVD-speler, DStv en dubbelmotorhuis. Daarbenewens bied die huis ook 'n pragtige uitsig oor die gholfbaan, berg en klubhuis en ons is net sowat 10 km vanaf winkels.

Beddegoed en handdoeke word voorsien, maar bring asb. jou eie swemhanddoeke. Rook is verbode in die huis en word slegs buite toegelaat. 'n Skoonmaakdiens kan aangevra word teen 'n ekstra fooi. Dit sal by jou rekening gevoeg word.

Geriewe op Euphoria se perseel sluit die volgende in: kabelkar tot by Sunset Restaurant bo op die berg, 'n 18 putjie-gholfbaan, hydro spa, gholfakademie wat lesse aan individue of groepe bied, die klubhuis se swembad, restaurant, dameskroeg, pro-winkel, fietsroetes, staproetes en bergfietsroetes.

Slaapplek

’n Bespreking by The Golf Shank sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 36 resensies vir The Golf Shank
Netheid
4.1/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Rooibokstraat 196, Euphoria Gholflandgoed, Naboomspruit, 0560, Limpopo
  • Gaste dink The Golf Shank het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooibokstraat 196, Euphoria Gholflandgoed, Naboomspruit, 0560, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmMTA4YmQ0LWRlZjYtNDgwMC05ZWI4LTA3MTU0ZTQ5N2U2ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500  per nag (plek vir 8) 36 5 1 5 196 Rooibok Street Euphoria Golf Estate 0560 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.548960328666 28.647785335779
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem