Boutique Guesthouse Manor De Aar

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Boutique Guesthouse Manor is in De Aar geleë. Dié Karoodorp is vinnig aan die ontwikkel en het 'n blink toekoms danksy verwikkelinge in die hernubare energiesektor (wind- en sonkrag). Die gastehuis is elegant ingerig en beskik oor bekoring wat nie net sag op die oog is nie, maar ook 'n rustige heenkome bied aan die sakepersoon of ontspanningsreisiger wat smag na die stilte van die ongekunstelde Karoo-landskap.

Verblyf word gebied in 9 pragtig versierde suites met en suite-badkamers. Ander geriewe in die kamers sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, 'n mikrogolfoond, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in. Daar is ook 'n kaggel sommige die kamers. Ons is veral trots op ons luukse, elegante wittebrood-suite.

Verder het ons veilige parkeerplek en 'n koffiewinkel wat tradisionele Karoo-happies bedien. Ons maak voorsiening vir die meeste dieetvoorkeure en maak gebruik van vars, seisoenale bestanddele.

Hier by Boutique Guesthouse Manor maak jy kennis met die legendariese prag van die Karoo wat vir die res van jou lewe by jou sal bly en jou sal noop om terug te keer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boutique Guesthouse Manor De Aar gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 220 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]