Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Gull

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 4, Myoli Beach, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

The Gull bied 2 selfsorg-eenhede in Myoli Beach in Sedgefield. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek na aan die strand en ander besienswaardighede langs die Tuinroete.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede wat smaakvol ingerig is. Die een eenheid is ’n kothuis en die ander een ’n woonstel. Albei het 2 slaapkamers, 1 badkamer 'n oopplan-leefarea en 'n goed toegeruste kombuis. Elke eenheid het ’n privaat ingang, buitestort en privaat stoep met braai-area. Die kothuis is knus en het ’n privaat, klein tuin wat omhein is. Die woonstel is modern en nader aan die strand.

Gaste kan gebruik maak van die klein, gemeenskaplike gimnasium op ons perseel, of ons vuurput en pizza-oond. Dié area is heerlik om saam met vriende en familie te kuier terwyl jy pizza of potjiekos maak. Elke eenheid het sy eie potjie.

The Gull is by die Myoli-strand en het direkte toegang tot die strand met 'n trap wat na die top van die duin lei. Die walvis-uitkykpunt is ongeveer 100 m ver.

Daar is verskeie aktiwiteite in die omgewing, soos 'n strandkroeg, kanovaart, branderplankry, valskermsweef en visvang.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 55 resensies vir The Gull
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Claude Urban-rylaan 4, Myoli Beach, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Gull het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 4, Myoli Beach, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa1375b697851eb5f1afff5156f453e4d42b1ac61052e80132205f051e73b9fbc61cb93cc22b15c6b01d1c3b33d3f308418f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4) 55 5 1 5 4 Claude Urban Drive Myoli Beach 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.033332593464 22.802434236176